Akkomodasie

Meerkat Avonture BOskamp

Geniet n heerlike bosveld wegbreek. Dikdaan en Jan groot lieg se kuiergat bied u die geleentheid om lekker in die hartjie van die Bosveld in gerieflike, uitgeruste bostente te kamp.


Ons Boskamp bied slaapplek vir 10 mense in 5 ten volle toegeruste tente met ’n kombuis, spoeltoilet en pragtige badkamer.

Sowaar ’n lieflike Bosveld wegbreek vir die hele familie!

2 Karavaan of Boswa staanplekke met krag is ook beskikbaar vir die meer toegeruste kampers.


bostente

5 Gerieflike tente wat 2 per tent slaap. Ons tente is ten volle uitgerus en baie gemaklik. Hier luister ons na die geroep van alles Bosveld soos ons saggies wegsak in rustige slaap.

kombuis

Die kombuis is uitgerus met breekware, potte en panne genoeg vir 10 mense. Die gasstoof verskaf ook aan die kokke in die kamp die geleentheid om lekker bykosse te maak vir die aand se braai of ontbyt.

badkamer

n Lieflike bad vir die afspoel van n Bosveld-dag se stof of n vinnige stort voor die kampvuur groot raak. Alles wat jy soek en verwag in n pragtige badkamer.